Internasionale Sterrekundige Vereniging

Logo van die Internasionale Sterrekundige Vereniging.
Nasionale lede van 73 lande.
Die openingseremonie van die XXVIste algemene vergadering in Praag, Tsjeggië.

Die Internasionale Sterrekundige Vereniging of Internasionale Astronomiese Unie (IAU) (Frans: Union astronomique internationale of UAI) is ’n groep professionele sterrekundiges met doktorsgrade wat navorsing en opvoeding in sterrekunde doen.[1] Dit word internasionaal beskou as die owerheid wat name aan hemelliggame (sterre, planete, asteroïdes, ens.) gee, asook aan enige strukture op hul oppervlak. Hul hoofdoel is om die sterrekunde in al sy aspekte te bevorder en beskerm deur middel van internasionale samewerking.

Die vereniging is lid van die Internasionale Raad vir Wetenskap (ICSU) en het vriendskaplike betrekkinge met organisasies wat amateursterrekundiges as lede insluit. Hul hoofkwartier is op die tweede verdieping van die Institut d'Astrophysique de Paris in die 14de arrondissement van Parys, Frankryk,[2] en die amptelike taal is Frans. Afdelings sluit in die werkgroepe vir die naamgewing van planetêre stelsels, van sterre en van meteoorreëns, asook die Kleinplaneetsentrum.[3]

  1. Meer oor die IAU
  2. "IAU Secretariat." International Astronomical Union. Besoek op 26 Mei 2011. "Address: IAU - UAI Secretariat 98-bis Blvd Arago F–75014 PARIS FRANCE" and "The IAU Secretariat is located in the Institut d'Astrophysique de Paris, 2nd floor, offices n°270, 271 and 283."
  3. "Centres – Minor Planet Center". International Astronomical Union (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 13 Mei 2020. Besoek op 20 April 2016.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search